Monday 13 June 2011

Gee Oor - Die nuwe geslag van Afrikaanse Rockers!

Die is Cape Town Music Scene se eerste Afrikaanse artikel, aangesien die band waaroor die post gaan, Afrikaans is en geen beter manier om dit te doen, as oor die nuwe manne wat groot naam maak, naamlik Gee Oor. 


Hierdie is 'n band wat Cape Town Music Scene voel nog groot dinge gaan bereik! Hou hulle dop! Gaan gerus na hulle Facebook Page om van die musiek te hoor - Gee Oor



Barry en Johan kom van skooldae af al saam en het saam met ander vriende in ‘n band gespeel op skool. Na skool het almal hulle eie paadjies gevat, maar die twee het gebrand om nog musiek te maak. Barry en Sid het op Stellenbos ontmoet waar hulle ontdek het dat hulle altwee hierdie passie vir musiek deel en het ook so vriende geraak. Einde 2009 het Johan, Barry en Sid besluit om ernstig te begin musiek maak en het hulle na die 4de member vir die band begin soek. Dit is waar Wilbri by Gee Oor aangelsuit het, nadat Johan en Barry eintlik Wilbri se broer, Heino, genader het. Johan wat eers bass gespeel het, het toe sy plek agter rhythm kitaar in geneem en is net ‘n mikrofoon in die hand gestop. Barry het begin om riffs te skryf op lead guitar, Sid het dit uitgekap op die dromme en Wilbri het die band se klank voltooi met sy base en vocals.



Waar kom die naam dan nou vandaan? Gee Oor beteken om te luister. Vandag praat mense baie makliker as om te luister. Met sosiale netwerke soos Facebook en Twitter en gesels netwerke soos Mixit, Wats App en BBM is dit so veel makliker om jou stem dik te maak, maar baie min mense luister werklik. Met die naam nooi ons mense uit om te sit en net bietjie in te neem.

Gee oor is 'n Afrikaanse rock band, met n punk invloed, van Bellville wat bekend is vir hulle hoë spronge en energie belaaide vertonings. Elke vertoning verander die skare in bewonderaars en lank na die musiek stil is, wil die skare nog hê. Gee Oor is meer as ‘n band, dis ‘n leefstyl. Die vier manne se postiewe houding tot die lewe word gevoel in hulle up-beat musiek en ongewone lirieke. Deur middle van hulle musiek is Gee Oor oppad na ‘n revolusie om die gedagte patrone van Suid Afrika te skuif en ongelykheid en armoede te veg.  Gee Oor het vroeg in 2011 hulle debut EP opgeneem en beplan om teen einde 2011 hulle eertse vol lengte album op die been te hê.

Daar waar musiek gemaak word is Gee Oor. “Ons hou van Rock&Roll… so dans saam!”



Die band bestaan uit

Johan Louw (21) Lead vocals & Rhythm Guitar
Barrry-John Gouws (22) Lead Guitar
Sidharta Philander (23) Dromme
Wilbri Voster (18) Bass em Vocals


Johan, Barry en Sid swot nog en Wilbri is 5de jaar by Tygerberg (Hoërskool).
Barry en Sid swot albei ingeneurswese. Barry doen meganies en Sid chemiese.
Johan kan ook bass en keybord speel en skryf meeste van Gee Oor se lirieke.
Barry geniet paintball en gym en Wilbri speel hokkie.
Wilbri ry ‘n rooi volla.
Johan is ‘n agent vir Herbalife.
Sid kom van Caledon af.
All die members is single.





Gee Oor  beskryf die volgende oomblikke as van hulle belangrikste / gunsteling oomblikke sover :



  • Een van die hoogte punte van Gee Oor is definitief Vlakvarkgat Rock Fees van Oktober 2010. Daar het Gee Oor die geleentheid gekry om met bands soos Seisoen na Somer en Baarmoeder Gevoel te speel en na die tyd te kuier. Van Coke Kartel het ook daardie aand by die fees op getree.


  • By Leonz pub in montagy gardens het meerderheid van die crowd vir Gee Oor kom ondersteun. Die band het ‘n uitstekende performance gegee en hulle het baie gespring en die energie van die musiek het baie sterk deur gekom. Op ‘n stadium tydens die set het daar ‘n breuk gekom in die liedjie “Oorlog” . Johan, Barry en Wilbri het gelyk gespring… Sid het net gesien hoe sy drum kit voorentoe beweeg en die volgende oomblik was daar ‘n gat in die stage. Die band het dit reg gekry om actually die stage te breek.


  • Gee oor het in Maart 2011 weer by Aandklas gespeel. Ontwetend het ‘n maties fotograaf die show by gewoon en ‘n week later was ons foto in My Matie, ‘n baie mooi foto waar johan hoog in die lug spring. Die My Matie het Gee Oor beskryf as”… powerfull stage presence.”


  • Gee Oor het vir die eerste keer in Maart 2011 by Nameless Pub gespeel. Ons het daar aan gekom en die plek het maar redelik stil gelyk en ons was nie ongelooflik amped vir die gig nie. Die eerste band het gespeel en min mense het die koue trotseer om te kom kyk hoe hulle speel. Ons was die laaste band vir die aand gewees en het maar min verwagtinge gehad. Ons het begin jam op stage en maar net onsself geniet. Toe ons weer kyk was daar ‘n crowd mense wat buite gestaan het en ons ondersteun het. ‘n Redelike paar mense het na die show na ons toe gekom om meer ons musiek uit te vind en vir ons gesê dat hulle baie gehou het van wat hulle hoor. Dit is altyd ‘n fantastiese gevoel as mens by ‘n onbekende plek speel en die crowd ‘n gamble is… want as dit goed uitdraai dan weet jy, jy doeniets reg.




Die band het die volgende te sê oor die music scene : 
Die music scene is tough. Daar is baie bands daarbuite en ‘n groot meerderheid van die mense wat Suid Afrikaanse musiek ondersteun wil net na waar die “groot” bands speel. Aan die anderkant is daar wel redelike hoevelheid mense wat minder bekende bands ondersteun en na shows toe kom.
Gee Oor het fantastiese fans en daar is altyd ‘n groep wat ons ondersteuners. Die crowd maak elke vertoning net besonders en gee die band energie om ekstra te perform. 

Oor musiek in die algemeen : 
Musiek is in ons bloed! Dit is in ons, dit is om en dit is iets wat jy nie van een van die band-members kan skei nie. Gee Oor sien musiek as ‘n platform om met ander mense te connect. Vir ons is musiek soos ‘n universal language, want al verstaan jy nie die taal nie kan jy definitief die instrumente en die emosie wat dit oordra aanvoel en geniet.
Musiek laat ons leef! Van in die prac room tot op stage is dit ‘n passie wat jy kan uitleef en deel met ander. Jy kan dit op jou eie geniet, net saam met die band rond joke met nuwe riffs en lirieke of met ‘n hele crowd deel (vreemd of bekend). Die stage is soos Gee Oor se play ground waar hulle net kan fun hê en die fun met ander deel.

Hulle eie persoonlike musiek smaak, en wat hulle beinvloed as band : 
Johan: Straatligkinders, Relient K, Switchfoot, Mumford and Sons, Foto na Dans
Barry: Red Hot Chili Pepers, The Killers, Relient K, Foo Fighters
Sid: hou baie van heavy metal en rock
Wilbri: Muse, Foto na Dans, Alterbridge
Band: Straatlig Kinders. 30 Seconds to Mars, Muse, As I lay dying, Foo Fighters


Cape Town Music Scene voel ook dat hulle manager, Heike Victor, 'n shout-out moet kry vir die great werk wat sy vir die band doen!



KONTAK DETIALS:

MANAGER:   Heike Victor
084 832 9576









No comments:

Post a Comment