Tuesday 5 July 2011

Obsessie met Als

Ek het besluit om nog 'n Afrikaanse post oor nog n Afrikaanse rock band te doen - maar hulle is nie NET nog 'rock band nie....


Obsessie met als : die three piece, Afrikaanse Rock 'n Roll band van Kaapstad wat stadig maar seker 'n groot belangstelling onder vele mense laat ontwikkel het met hulle energieke, omstrede en harde musiekstyl. Met die styl, energie en passie van hierdie ouens, het Afrikaanse rock 'n roll n hele nuwe betekenis en dimensie gekry.

In 2007 het die 3 ouens bymekaar gekom, en Obsessie met Als is gebore. Hulle is :

Pierre Van der Naam - Stem/ Kitaar 
Evan Scheepers - Baskitaar 
Heinrich Volschenk - Dromme/ Stem






Ek het hulle vir die eerste keer gesien in 2007 by die Kunskafee in Durbanville, en het onmiddelik gehou van wat ek gehoor het, en gesien groter dinge is oppad.


In 2008 haal hulle reeds die voorblad van die Tygerburger en van Jip, en speel ook saam met Van Coke Kartel op hulle CD launch toer, Waaksaam en Wakker. Laat 2008 begin hulle aan hulle volgente album, "Splinter nuwe moeilikheid" werk






Hulle eerste musiek video, "Klaar te laat", ( link na video op FB : Klaar te laat ) verskyn op MK in 2009, en word ook deur die Kyknet program, Net virri grap, genooi vir 'n interview. Radio KC 107.7FM in die Paarl nooi van die lede om 'n rock program te begin, en die program groei tot 5000 luisteraars.






2010 verskyn hulle in Your LMG magazine as Band to Watch. Hulle CD, nou klaar, is landswyd beskikbaar in Look & Listen en Music Moods. Die album launch toer volg, in die Wes Kaap, onder die naam "Dans met jou MA". Die jaar sien ook nog twee van hulle musiek videos die lug op MK, naamlik "Oggend Visie" (link na FB video : Oggend Visie en "Kom nou saam" (my persoonlike gunsteling). Hier is die video








Hierdie jaar sover, het launch "Kom nou saam" se musiek video in Holland, "Verken jou naaste" verskyn op MFM se Top 40 High Rotation chart en hulle word deur Paul Bothner gesponsor.


Hulle het ook die jaar opgetree by die KKNK, Cederberg fees en Rock The River Easter.
Ook ander shows, saam met die volgende kunstenaars : Van Coke Kartel, Ryno Velvet, Die Heuwels Fantasties, Crash Car Burn, Wrestlerish, Taxi Violence en Versus the Wolf. 





Verwag om nog baie van die ouens te hoor - hulle weet van Rock n Roll!

Hier is waar jy hulle in die volgende tyd kan te sien kry :

23 Julie - Nameless pub, Somerset West
28 Julie - Cheetahs, Brackenfell 
06 Aug - Atom Fest 2, Ceres
13 Aug - Purple Turtle


Facebook page : Obsessie met Als


No comments:

Post a Comment