Thursday 27 October 2011

VAN COKE KARTEL WIE’S BANG

Album omslag en snitlys bekend gemaak:


Foto:  Jaco S. Venter
Bo: Jedd Kossew (kitaar), Jason Oosthuizen (tromme)
Onder: Francois van Coke (sang en kitaar), Wynand Myburgh (baskitaar)




Van Coke Kartel se vierdie album, Wie’s Bang, word einde November 2011 deur Supra Familias uitgereik.  Die album ontwerp is gedoen deur Merwe Marchand le Roux.


Snitlys en Van Coke Kartel se beskrywings:


Dis 'n Land:
“Ons het die eerste lyn van die koor geleen by Carike Keuzenkamp se klassieke liedjie, “dis 'n land van kleure en klank”.  Dit is ons land.”


Nou Of Nooit:
“Dit is 'n harde rock tune met 'n bietjie van 'n punk invloed.  Dit is Francois se gunsteling op die album. Jason se dreunende dromme hardloop van begin tot einde. Die tune vra maar net of daar iets eg in die wêreld oor is.''


Dankie, Ek is veilig hier:
“'n Rustige song wat net werk.  Dit gaan oor geld en die tekort daaraan. Hy is een van ons gunstelinge.“


Vir Almal:
“Dit is een van die hardste songs op Wie’s Bang en die tweede snit wat Van Coke Kartel geskryf het as die nuwe eenheid.  Vir Almal is vervaardig deur Peach van Pletzen by B Sharp Studios.  Hierdie snit slaan ‘n harde hou wat aangevuur word deur Francois se kragtige vocals. 
Vir Almal is gratis beskikbaar by www.vancokekartel.com en is 7 000 keer binne die eerste 24 uur nadat die snit beskikbaar gestel is, afgelaai.”


Tot die son uitkom:
“Dit is ons eerste regte rock ballade.  Jedd het met ‘n klassieke, sagte kitaar riff opgekom.  In een middag het Francois en Jedd een van Van Coke Kartel se sterkste singles ooit gekomponeer.  Verbeel jou Stairway to Heaven ontmoet Afrikaans.”


Einde Van Die Wêreld:
“Ons het die meeste tyd in pre-produksie op hierdie song spandeer.  Dit het deur verskeie fases gegaan voor ons by die finale weergawe uitgekom het.  Dis ‘n sagter rock tune met ‘n treffende koor:  ''Ons sal altyd die einde vrees, dit gaan die einde van die wêreld wees''.  Die song het ‘n onheilspellende ondertoon en met hierdie lirieke gee dit ‘n apokaliptiese gevoel.”


Doodsdreigemente:
“Francois het hierdie song begin skryf na 'n kommentaar op Mahala wat gesê het dit sal beter wees as hy dood was.  Dit was seker nie regtig 'n doodsdreigement nie, maar defnitief iets om oor te dink."


Moenie Dink Nie:
“ ’Moenie dink nie, moet ook nie te veel nuus kyk nie.'  Dit is ons sarkastiese uitkyk oor die situasie in ons land en die eindtye.”


Nevermind:
“Nevermind het 'n folky geur.  Al ons vriende van Bellville (aKING, Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar), sing saam op hierdie een.”


Chaos (met Jack Parow):
“Hierdie song handel oor hoe chaoties die wêreld op die oomblik voorkom.  Jack rap in die koor en in die middelste deel.”


Brein Verloor:
“Dit is ‘n New Age grunge song.  Dit is die eenvoudigste snit ooit met ‘n hoeklyn in die koor: 'Ek wil my brein verloor'.”


Wie's Bang:
“Dit is die eerste song wat ons saam geskryf het as die ‘nuwe en offisiële vierstuk Van Coke Kartel’.  Voorheen het Francois en Wynand al die songs geskryf.  Die titelsnit vat die tema van die album saam:  die einde van die wêreld is naby.  Die universele fenomeen rondom 21-12-12 beïnvloed baie van Francois se lirieke op die album.”


Volgens Getuies:
“Die tune handel oor die feit dat almal deur tegnologie aanmekaar gebind en beïnvloed word.”


Siener (met Zebra and Giraffe):
“Hierdie sou ons eerste oorspronlike Engelse song wees, maar na vele probeerslae het ons besluit om te bly by wat ons ken en in goed is.  Ons het die ‘Haal Asem Kwagga Toer’ saam met Zebra & Giraffe gedoen en ons het besluit dat Greg Carlin die Engelse lirieke moet skryf.  Dit is ‘n baie goeie vermenging van Van Coke Kartel en Zebra & Giraffe se klank.






Twee van die snitte sal saam met ander eksklusiewe Van Coke Kartel-inhoud beskikbaar gemaak word by http://www.airbornemusic.com/vancokekartel.  Van Coke Kartel-inhoud sal teen middel November beskikbaar wees by hierdie skakel en sodra die album uit is sal die publiek kan aansluit om toegang te kry tot eksklusiewe inhoud.


Meer oor Airborne:


Airborne is ‘n herkonseptualisering van die musiekindustry.  In ‘n industrie wat vol is van platemaatskappye, uitgewers, verspreiders, winkels en vele ander entiteite, kyk Airborne na die twee mees belangrikste spelers:  die kunstenaar en die fan. 
Musiekverkope is tans besig om te daal.  Die roof en onwettige duplisering van musiek, of dit as ‘n goeie of slegte ding beskou word, het die gesig van die musieklandskap heeltemal verander.  Hoewel die kunstenaar se musiek geroof en gedeel word, glo Airborne dat die kunstenaar self en die konneksie tussen hulle en die fans nie geroof kan word nie.
Fans sal ‘n maandelikse fooi van $1 betaal om ‘n Draer (Carrier) te word.  Draers sal in staat wees om verskeie onuitgereikte liedjies, B-sides, live shows en nog inhoud gratis te kry.


Click op die link om te sien wat Airborne is:
http://vimeo.com/trr/alphaoutbreak

No comments:

Post a Comment