Tuesday 15 November 2011

DIE MK 6DE AVONTOER

Posted by: Ashley Brown
DPK BIED MET TROTS AAN: 


Afrika se grootste rock 'n roll toer, Die MK Avontoer – die een wat alle ander musiektoere soos ouetehuis-uitstappies laat lyk – se enjins vuur reeds om volgende maand hulle 6de aanslag op die Suid-Afrikaanse kus te vier.

In die gees van die reisende karnivalle van ouds bring die MK Avontoer ’n spul musikante, fotograwe, troebadoere, kulkunstenaars, seerowers, aanhangers en gemene geesdriftiges saam vir ‘n ongekende mobiele partytjie.


Met meer as ’n 130 kreatiewe kreature gekonsentreerd op 2 busse, wat hulle eie tentedorp saamsleep en niks meer op die spyskaart het as ‘n goeie tyd nie, is Die MK Avontoer al sedert 2006 die kersie op die kus se kerskalender.

Die Avontoer alumni sluit verteenwoordeigers vanuit elke uithoek van die Suid-Afrikaanse diaspora in wat vir ’n paar dae in Desember skouer aan skouer ‘n baanbrekende, genre buigende, kopsmeltende avontuur  met mekaar deel.



Avontoer datums :

21 Dec - Bazouki Restaurant (die ou “The Terrace”) @ Club Mykonos, Langebaan
23 Dec - Cheers Pub, Struisbaai
27 Dec - Sandbaaisaal, Hermanus
29 Dec - Pirates Bar at Diaz Strand Hotel, Mosselbaai
31 Dec - GrootGeesRockFees VI, Stilbaai

Line-up:

Van Coke Kartel
Die Tuindwergies
Zinkplaat
New Holland
No One’s Arc
Holiday Murray 
Friendly Lemons
The December Streets
Loveglove Pyrotechnics

Gaskunstenaars:

Die Heuwels Fantasties  –  Mosselbaai  29 Des
Jack Parow – Langebaan 21 Dec,  Struisbaai 23 Des
Mr Cat & The Jackal – Hermanus 27 Des
KONGOS (Vanaf die VSA) – 31 Des
Tony and the Trailer Cats – Stilbaai 31 Des
Saintfearless – Stilbaai 31 Des


Alle kaartjies kos R70 (Computicket) en R80 (by die deure). Computicket kaartjies moet vooraf by ‘n Computicket-toonbank afgehaal word; dit kan nie by die hek ingeruil word nie.

*Bring kontant – daar is ongelukkig geen kaartfasiliteite nie.

Om ’n seerower op Die MK 6de Avontoer te wees stuur ’n posduif vir seerowers@dpk.co.za. Maak ook seker jy gaan na www.seerowers.co.za om te sien hoe jy ’n seerower sitplek op een van die busse kan losslaan. Die gelukkige wenners sal op Donderdag 15 Desember op MK  se Studio 1 aangekondig word.

All inligting oor kaartjepryse, venue lineups en begintye is by www.dpk.co.za/avontoer te vinde. Daar is ook ’n inskrywingsblad vir musiekgroepe wat volgende jaar wil deel wees van Avontoer.

Die Avontoer verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme; ’n toegewyde sekuriteitspan toer saam en sal op die uitkyk wees vir onder 18’s wat probeer drink. Bring jou ID of rybewys saam as jy die kroeg wil betree. Alle Avontoeraanhangers kom bou gees op eie risiko.

Avontoer op Facebook: http://www.facebook.com/avontoer
Avontoer op Twitter: http://www.twitter.com/avontoer
Bel Avontoer:         082 854 9109



Kaartjies vir Stilbaai locals sal plaaslik verkoop word. Hou Cape Town Music Scene dop vir meer inligting!

No comments:

Post a Comment