Thursday 8 September 2011

Kaalvoet ennie Volgende Oggend CD Launch

Kaalvoet en die Volgende Oggend se debut CD word volgende week vrygestel, en ons het bietjie meer gaan uitvind, tussen email en 'n bier by De Akker



1. Vertel bietjie meer wie IS kaalvoet, van waar die naam, en hoekom altyd kaalvoet.

Ek is Kaalvoet, die rooiwynrocker van die Idasvallei. Kaalvoet is 'n ou familienaam, en wel, skoene demp my gees.

2. Vertel hoe die band se naam ontstaan het

Ek en 'n (toe nog) naamlose band is gebook vir die Vlakvarkgat Rockfees, sowat 'n jaar terug. Toe ek die line-up kry, sien ek ons is Saterdagoggend 10uur op stage. Tot toe het ek nie eers besef dis enigsins moontlik om so vroeg al kitaar te speel nie. Na ek aanvanklik gewonder het hoe mens jou band wakker kry, het dit net by my opgevlam. Kaalvoet ennie Volgende Oggend.

In retrospek, die Volgende Oggend is soveel meer. Dis vars lug, dis vars son, dis nuwe idees. Ja, soms bietjie van 'n kopseer, maar dis tog maar net herinneringe aan 'n lekker aand of hoe?


3. Verduidelik oor die musiek - as wat sal jy dit beskryf.

Dis maar rock&roll. Daar is so paar stadiger, meer akoestiese snitte, daar is 'n paar met vuurwarm kitare, en mens kan 'n plaat launch sonder bietjie blues nie.

4.Vertel van die recording van die album - hoe waar wat.

Bloo Room Studio, Ladismith, met Meester Jo Ellis agter die knoppies. Dis wonderlik om saam met Jo te werk, ek is eintlik studio toe met idees vir liedjies, maar Jo het op elke song ingezone en die resultaat spreek vanself.

5.Het jy al die songs self geskryf?  Is daar n tema? Waroor gaan dit?

Ek het 'n rowwe 2010 agter die rug. Ek en my bra Willim het toe die Sonskynrock en Rooiwynaktivisme toer gedoen voor Krismis, en ek het toe besluit om bietjie stock te vat van my lewe. En vir ons rock&rollers beteken dit net een ding - studio toe.

As mens gereeld 'n plaat opneem, kan jy oor 'n paar jaar terugkyk, kan jy sien waar jy was op 'n spesifieke tyd in jou lewe. Op my vorige band, dikazzins, se plaat, Die Magtige Dreuning, was ons kwaad, en ons het vreeslik gesoek na sin en rede (soek en jy sal vind/dalk is die langpad ons goedgesind/dalk lĂȘ die skat om die volgende draai/ons kyk maar waar die wind ons waai - langpad, dikazzins 2008). Op hierdie plaat gaan dit meer waar ek is en wat ek doen (dis laat in die aand as ek die highway slaan/ek is moeg ek is gatvol ek wil huistoegaan - die jetsetter).

In't kort, die plaat is basies 'n stilfoto van die aksiefliek waarin ek leef.

6. Die cd se naam - vanwaar?

Spoke op Harleys is een van die liedjies op die plaat. Dis maar oor min slaap en malende gedagtes.

7.Vertel oor die launch show

14 Sept, Dorpstraat @ summerhill. Ek launch ook my wyn, Rock in Rooiwyn.
8. Laastens?

Hou www.kaalvoetdutoit.com dop vir details. Luister my tunes, en lees my staalsjies ook daar.

FB : Kaalvoet ennie Volgende Oggend

No comments:

Post a Comment