Tuesday 6 December 2011

Next level interview met Jack Parow

Posted by & interviewed: Ashley Brown


Watse edge het die nuwe CD "Eksie Ou" en wat is anders as die vorige een?
Well, ek dink deur hierdie laaste 2 jaar van toer ens het ek baie geleer,so dis miskien bietjie meer gegroei as my vorige een. Daars ook 'n nuwe paar next-level ouens op van die tracks soos PH Fat, David Kramer, Gazelle en Sibot. Ja, persoonlik hou ek baie meer van die nuwe een en dink dis voller en 'n beter afrgronde album. Marchand en Manni het ook n blerrie kief job gedoen met die cover, lyk next-level.

Watse liedjie op "Eksie Ou" is jou gunsteling?
Fok, ek weet nie, dis moeilik, as mens aan die tracks werk is dit gewoonlik die laaste een wat jy gedoen het, want jy sit ure met elke track, so op die oomblik is dit seker laat ons suip of hos tokolosh of maybe afrikaans is dood of wag, ek dink hard partytjie hou of biscuits & biltong!

Francois Van Coke en Pierre Greeff werk weer saam op die nuwe CD, hoekom dink jy is hierdie kombinasie met Jack Parow so suksesvol?
Ons is mos ou chommies, so ek dink dit werk net goed want ons ken mekaar so goed, so dit mash net altyd lekker saam omdat ons al so baie goed saam gedoen het. Dis mos ma die boerwors curtain boys, kom vannie selfde jol af.

Behalwe vir Francois en Pierre feature P.H. Fat, Haezer en Sibot, vertel ons hoe dit was om saam met die manne te werk.
Elke track wat ek gedoen het was kak baie pret,want soos pierre en franie,is al die mense op my album chommies, oud en nuut, maar steeds goeie chommies, so ja,ek het obviously mense gekies wat ek wil mee werk, so dit maak altyd alles makliker

Gazelle en Jack Parow klink na 'n snaakse kombinasie, maar elkeen van julle het uitstekende colabarations tot dus ver gehad, vertel ons van julle track saam?
Yes, ek en Gazelle het die track HOS TOKOLOSH saam gedoen, dis die eerste single op my album. Dit was 'n gesamentlike proses waar ons 'n track saam create het wat amazing uitgekom het. Daar is actually twee versions, een vir my album en een wat op Gazelle se album gaan verskyn. Dan gaan ons ook in die nuwe jaar n huge campaign rondom dit doen met videos, merch en lekke goeters, so kyk uit. Was amazing om saam met hulle te werk, want dit was heeltemal n brein storm saam en nie net 'n feature track nie wat dit altyd kak cool maak

Jy doen 'n liedjie saam met die legende David Kramer, hoe was dit om saam met hom te werk en wat het jy geleer uit hierdie ondervinding?
Nerve-racking at first,want hy is obviously 'n hero van my,so ek was baie nervous, maar toe ek hom ontmoet en saam begin werk was dit so lekker, hy is 'n amazing musikant en mens en die proses was so gemaklik en lekker en mens kan dit hoor in die track, dit het baie lekker uitgekom

Wat is jou inspirasie om liedjies te skryf en volg jy enigsins n ritueel as jy skryf?
Ag, nie regtig n ritueel nie, ek skryf maar net wat in my kop in kom, dit kan by 'n party wees of in die bad, dit gebeur maar net so, as mens dit try forseer dan klink jou musiek geforseer dink ek, so ek skyf maar as dit kom. My inspirasie is dus maar net alles wat rondom my gebeur elke dag.



Wie gaan ons hoor as ons in jou kar sit?
Op die oomblik die nuwe Van Coke Kartel album, like hom kwaai, hys op repeat in my kar, lekke hard, lekke afrikaans, lekke lekke

Luister jy ooit na jou eie musiek?
Haha, nee, nie regtig nie, dis n baie lang proses om 'n album te create en dit goed te kry, so teen die tyd wat die album uitkom het ek elke track al seker 1000 keur gehoor en dan begin ek dit nog live speel ook, so as ek dit nog luister ook sal dinge miskien bietjie mal raak. Dit maak my ook baie ongemaklik as my track opkom in n bar of club of whatever,weet nooit wat om te doen nie, moet mens gan sit, moet mens wat doen...haha...like dit nie baie nie

Kan jy enige instrumente speel?
Nope,maar ek probeer nou leer hoe om bekfluitjie te speel,like dit kak baie

Stres jy nog voor 'n show?
Nie regtig so erg met my ou songs nie, maar nou dat ek 'n nuwe album uit het en nuwe tracks doen stress ek nogal erg, dis mos maar 'n nuwe vibe, nuwe lyrics ens, so ja, dis nogal nerve racking, altyd bang ek fok iets op

Waar is jou favourite plek om op te tree?
Jis, ek weet nie, festivals is lekker altyd, soos bv oppikoppi, Rocking The Daisies, RAMfest ens ma ek like elke show, klein, groot, vol, leeg, dis altyd net n kak lekker vibe om musiek te maak vir mense wat amped is vir dit. Ek ook die eer gehad om nogal baie oorsee te toer, dit is ook kak lekker, nuwe plekke, nuwe energy en nuwe mense, gooooood times!

Om 'n lewe te maak in die musiek bedryf is nie maklik nie, wat volgens jou was jou deurbraak?
Uithouvermoe...haha...maar regtig, dit het 10 jaar gevat en glo my, daar was BAIE tye wat ek amper dit gelos het, maar aanhouer wen soos hulle sĂȘ.


Voordat jy bekend geword het as Jack Parow, watter werkies moes jy doen om die rekeninge te betaal?
Heavy kak enes... Ek het by surf shops gewerk, vis gelaai in n visfabriek (ek eet nie seekos nie, hou niks daarvan nie, so dit was baie kak) en dan het ook selfs in die cemetery division gewerk by cape metropolitan council en grafte vir mense gegee... Yip, nie die beste werk gedoen nie, maar was alles deel van n proses om te kom waar ek wil wees

Wie is Jack Parow as hy by die huis is?
Maar pretty much dieselfde, ek like van n dop klap, n chop op die kole slat en lekke jol anvat.

Behalwe rap het jy n braai sous en 'n klere reeks, Parowphernalia, vertel ons meer hiervan en waar mens dit kan koop?
Op die oomblik is die braaisous available by Checkers in die Weskaap, ma sal soon landswyd beskikbaar wees en die klere en actually die braaisous, nuwe album en al die lekke dinge is available op my chommie, The Greek Merchant se site. Dis ma alles net lekker goed om te doen,die sous is amazing en as iemand dit proe en nie daarvan hou nie sal ek dit nie kan glo nie, want ek braai baie en daai sous loop.

No comments:

Post a Comment