Tuesday 6 December 2011

Young Talent Press Release



CARLA CONRADIE WEN LIEDJIESKRYF KOMPETISIE

Carla Conradie het verlede Donderdag ‘n aanlyn liedjieskryf kompetisie gewen.  Die kompetisie was aangebied oor twee maande deur NewTunes Publishing in samewerking met die studente radiostasie Mfm 92.6 in Stellenbosch.

Die kompetisie is in die begin van September afgeskop waar liedjieskrywers van reg oor die Weskaap genooi is om hulle vir die aanlyn kompetisie in te skryf.  Die liedjieskrywers kon kies uit twee kategorieë; Kategorie A – waar die lied ‘n melodie en lirieke het en ook Kategorie B vir gedigte en lirieke.  Daar was ook ‘n derde katagorie waar die liedjieskrywers se fans kon gaan stem. 

Carla, tweede jaar musiek student van Kaapstad het Kategorie A gewen met haar liedjie ‘Flattery’.  In haar onderhoud met Mfm 92.6 vertel sy dat die lied geskryf het uit ‘n persoonlike ondervinding; “ ... ek het hierdie jaar baie aandag gekry van ouens en goed, en dit was vir my aan die begin so erg toe skryf ek ‘n liedjie oor dit”.  Met die lied wen sy ‘n splinternuwe Ipad2 en ‘n professionele opname van die lied wat speeltyd op Mfm 96.2 en ander radiostasies sal kry.  In Kategorie B het Monica Bezuidenhout gewen met haar lirieke ‘True love song’.  As prys ontvang sy ‘n Ipod Shuffle, haar lied sal getoonset en ook opgeneem word vroeg volgende jaar.  In die fan kategorie het Eben Groenewald ook vir homself ‘n Ipod Shuffle gewen.

Die pryse word tydens ‘n Young Talent konsert by die Somerset Westend Teater in Somerset Wes op 9 Desember 2011 oorhanding.  Vyf NewTunes liedjieskrywers; Jo Folscher, Hans Raubenheimer, Carla Conradie, Andrei Damane en Ethan Florus kry hier die die geleentheid om hulle talent ten toon te stel.  Kaartjies beskikbaar teen R50 by 021 858 1877 of admin@pnxglobal.com.

Kompetisie
‘n Leser staan ‘n kans om twee kaartjies na die Young Talent konsert te wen.  Die konsert vind plaas op 9 Desember om 18:30 by die Somerset Westend Teater in Somerset Wes.  Om twee kaartjies te wen, stuur ‘n epos met een van die die Young Talent kunstenaars se name na info@newtunes.co.za


Kontak: Mart-Marie Schoeman
Tel: 082 876 5610

No comments:

Post a Comment